Uitreike

Ons is nie net ’n gemeente wat na binne
gerig is nie, maar ook na buite en hierdie diensgroep se taak is om ons voortdurend te laat fokus op ons taak in
die wêreld daar buite.
Ons is tans besig met onderhandelinge om met 'n nuwe uitreik
projek by Elandshoek te begin. Dit geskied in samewerking met ds. Koos Kriel van die VGK asook NG
Alkmaar.
Elke jaar tydens die paasnaweek het ons 'n
taxi-uitreik onder leiding van Susan Minnaar. Hierdie jaar se uitreik was baie geseënd met baie
Bybels wat uitgedeel is en gebede wat opgegaan het vir taxi bestuurder en hulle passasiers.
Ons gemeentelike uitreik na buite is die Mosambiek
uitreik wat jare reeds aan die gang is. Dit vind jaarliks plaas olv Joggie Crots.
|