Bedieninge in die gemeente
Die volgende diensgroepe funksioneer binne die
gemeente:
1. Gebedsbediening
Bedieningsleier: Minette Scheepers (082 550 4190)
Dit is hierdie bediening se verantwoordelikheid om te sorg dat die gemeente
toegerus word rondom alles aspekte van gebed. Hulle vorm ook ‘n span wat na afloop van eredienste vir lidmate
wat ‘n behoefte het, bid. Vanuit hulle geledere is daar ook ‘n gebedsketting vir noodgevalle. Die weeklikse
gebedsgeleentheid op Vrydae word ook deur die bediening behartig.
2. Administasie bediening
Bedieningsleier:
Fanie van Niekerk
084 580 1669
Hulle is verantwoordelik vir al die administrasie in die gemeente, van nuwe
intrekkers wat op die gemeenteregister moet kom tot die personeel se kontrakte en alle ander korrespondensie
met die sinode en ander gemeentes. Dit sluit dus ook alle werksaamhede van die kerkkantoor
in.
3. Finansies bediening

Bedieningsleier: Heinrich Mans
083 376 2934
Hulle is verantwoordelik vir die bestuur van finansies in die gemeente en die
opstel en bestuur van die begroting en om in die algemeen goeie beheer en toesig oor die gemeente se
finansies toe te pas. (Algemene finansies, begroting, bedieninge se finansies, tiende maand, gholfdag,
basaar).
4. Eiendomme bediening
 Bedieningsleier:
Henk van Coller
082 335 9345
Hulle is verantwoordelik vir alle instandhouding en uitbreidingswerk in die gemeente en
pastorieë.
5. Musiek bediening
Bedieningsleier: Frans Buys
082 898 6527
Hierdie bediening is verantwoordelik vir die totale spektrum van musiekbediening in die gemeente. (Voorsang,
spesiale eredienste, funksies, koor, alle eredienste).
6. Uitreike bediening
Bedieningsleier:
Joggie Crots
083 459 7089
Ons is nie net ’n gemeente wat na binne gerig is nie, maar ook na buite en
hierdie bediening se taak is om ons voortdurend te laat fokus op ons taak in die wêreld daar buite. Van die
groot uitreike is die jaarlikse Mosambiek uitreik en die Taxi uitreik gedurende Paastyd. Daar word ook ruim
finansieel bydrae gemaak tot verskeie nasionale uitreikaksies.
7. Manne bediening

Bedieningsleier:
Pieter Rösner
083 966 9388
Die bediening in die gemeente wil die manne “oplig” en hulle op hulle eie
unieke manier motiveer. Mannekampe, manne ontbyt met sprekers ens.
8. Vroue bediening
Bedieningsleier: Nuwe een sal
aangekondig word
Die bediening is ook soos in ander gemeentes die groot staatmakers. Die volgende vind plaas onder
hulle bekwame leiding (Begrafnisse, blomme in die kerk, wêreldbiddag vir vroue, kombuis, Pinkster
verversings, fondsinsamelings, onvoorsiene funksies, kenmekaar).
9. Senior lidmate bediening
Bedieningsleier: Marion Kammeyer (072 199 3494)
Daar is ’n groot behoefte in die gemeente om onder die senior lidmate ’n sterker en meer prominente
bediening te stig en hulle eie behoeftes daardeur aan te spreek. Hulle sal dus hulle eie etes, bybelstudies
en toere en uitstappies meemaak, soos gereël deur die bediening.
10. Gemeente bediening
Bedieningsleier: Nuwe een sal aangekondig word
Hierdie is een van die groter bedieninge in die gemeente. Alle lidmate wat nie
in kleingroepe is nie, word ingedeel in wykgroepe. Wykgroepe word bedien deur wykgroepleiers en ‘n aantal
wykgroepe val binne ‘n groter blok. Die gemeente is dus verdeel en blokke en leraars is verantwoordelik vir
sekere blokke. Die bediening moet toesien dat daar goeie samewerking tussen wykgroepsbedieners in ‘n bepaalde
blok is en dat daar nie probleme binne wyksgroepe is nie. Die bediening is verder verantwoordelik vir die
nuwe lidmate en groet by die deure en enige nodige bekendstellings wat gedoen moet word ten einde die
bediening goed te laat funksioneer. Hulle is ook verantwoordelik vir die invordering van die aftrekorders /
debietorders / insameling van maandelikse bydraes asook vir die hou van wykgroep-byeenkomste indien nodig.
Hulle is ook verantwoordelik vir die gemeentebraai en gemeentekamp.
11. Kleingroepe bediening
Bedieningsleier: Nuwe een sal aangekondig word
Lidmate wat nie in wykgroepe ingedeel is nie, skakel in by kleingroepe. Elke
kleinroep het ‘n kleingroepleier. Die taak van die bediening is om toe te sien dat alles vlot verloop binne
die kleingoepe, dat kleingroepe uitbrei in die gemeente en dat genoegsame ondersteuning aan lidmate en
kleingroepleiers gegee word. Lofprysingsaande word ook deur die bediening hanteer.
12. Omgee bediening
Bedieningsleier: Fransien Taljaart (084 6021338)
Binne hierdie bediening word alle pastroale aspekte, asook toerusting van lidmate hanteer. Mosaiek
Sentrum (www.mosaiek.net) is die platform van waaruit hierdie
bediening funksioneer. Binne die bediening word ook omgesien na behoeftige gesinne.
13. Jeug bediening
Bedieningsleier: Reinhardt Fowler (083 407
4588)
Hulle is verantwoordelik vir die totale jeugbediening in die gemeente. Seniors,
juniors, Werkende jongmense, kategese, kinderkerk, kleuterkerk, alternatiewe erediens, kampe en uitstappies
ens.
14. Erediens bediening
Bedieningsleier:
Schalk Rheeder
082 462 8549
Hulle hanteer alle aspekte aangaande die erediens (oggend en aand). Ons het gevind dat al hoe meer mense slegs ons
eredienste bywoon en nie verder betrokke raak nie. Ons het besef dat die bediening baie sterk gefokus moet wees
binne die erediens. Hulle is verantwoordelik vir alle spesiale eredienste, soos week van gebed, Pinkster,
sangdienste, Kersdiens ens.
|