Welkom by die webtuiste van NG
Nelspruit-Suid!
2012 is ons OMGEE -
Jaar

Wie is
ons?
Ons is 'n voorstedelike gemeente, bestaande uit sowat 2800 lidmate. Omgee vir mekaar en vir
ander mense is vir ons belangrik en ons strewe daarna om binne die gemeente en eredienste sodanige atmosfeer te
skep. Ons visie is "Om God te verheerlik, mekaar te dien en uit te reik na die wêreld". Ons missie is
"Om in die naam van Jesus Christus en gedring deur die Heilige Gees 'n biddende en lewende gemeente te wees wat
God verheerlik. Voorts om mekaar te dien, op te bou en toe te rus om dissipels te wees en om die Evangelie te
verkondig in Nelspruit en die hele wêreld."
Ons
Eredienste
Ons 08:30 erediens op 'n Sondag is liturgies vernuwend met 'n klassieke musiek inslag. Binne die
ruimte van die erediens wil ons elkeen tuis laat voel en poog ons altyd dat elkeen 'n ware ontmoeting en ervaring
met God sal hê.
Tydens die 08:30 erediens is daar spesiale kleuter -en kinderkerk wat onderskeidelik in die Lapa
en Saal aangebied word. Op informele wyse word die kinders op hoë vlak bedien.
Om 16:30 is ons jeugdiens wat gerig is op tieners. Die diens word ingerig volgens hulle
musieksmaak en toon dus 'n alternatiewe karakter. Vanuit die jeugdiens vloei die kleingroepe vir die Senior Jeug.
Drie groepe duur tot 17:45.
Om 18:30 is ons aanddiens wat hoofsaaklik gerig is op die jong werkendes. Die musiekstyl
binne die dienste is dus nie klassiek van aard nie. 'n Orkes begelei die diens.
Op die kalender verskyn die doopdatums, gewoonlik
die eerste Sondag van elke maand. Ons probeer so ver moontlik nie op ander tye doop nie. Indien daar uitsonderlike
versoeke is, moet dit skriftelik by die kerkraad hanteer word. Elke ouerpaar wat doop moet ook 'n kursus deurloop.
Kyk gerus na die volgende vorms: Doopprosedures en datums & Registrasie
Preekrooster (Preke is op cd beskikbaar - kontak kerkkantoor vir
bestellings)
-
Sondag 29 Januarie (8:30 Ds. Carel Pienaar) "Week van gebed 1"
-
Sondag 29 Januarie (18:30 Ds. Carel Pienaar) "Week van Gebed 2"
-
Maandag 30 Januarie (18:30 Ds. Carel Pienaar) "Week van Gebed 3"
-
Dinsdag 31 Januarie (18:30 Ds. Carel Pienaar) "Week van Gebed 4"
-
Woensdag 1 Februarie (18:30 Ds. Carel Pienaar) "Week van Gebed 5"
Preekreekse & Bybelstudie materiaal
Kerkkalender (PDF-Formaat)
Wat gebeur volgende?
- Week van Gebed: 29 Januarie-1 Februarie. Dit word gelei deur
ds. Carel Pienaar en vind weeksaande om 18:30 in die kerkgebou plaas.
- Mosaiek Sentrum: Bybelskool inskrywing vir "Inleiding
tot die Ou Testament en Teologie". Lees meer
- Mosaiek Sentrum: Pastorale kursus inskrywing vir "Narratiewe Pastorale Berading (Vlak
1). Lees meer
- Mosaiek Sentrum: DivorceCare & DivorceCare 4 Kids begin 8 Februarie. Lees meer
- Kategese inskrywing (Gr 1-6): 22 en 29 Januarie na die
oggenddiens
- Kategese inskrywing (Gr 7-11): 22 Januarie om
16:30
- Junior kategese uitstappie: 5 Februarie
louis@ngnelspruitsuid.co.za
- Senior Kategese uitstappie: 19 Februarie
louis@ngnelspruitsuid.co.za
Projekte waarby jy betrokke kan
raak
Binne die gemeente is daar projekte waarby jy betrokke kan raak. Kontak gerus die betrokke persone by die
onderskeie projekte. By Mosaiek Sentrum is daar ook 'n aantal projekte. Hou
die spasie dop vir projekte wat van tyd tot tyd bygevoeg word. Indien jy 'n nuwe projek wil begin, kontak gerus een
van die leraars sodat ons jou die nodige ondersteuning kan bied.
- Elandshoek uitreik carel@ngnelspruitsuid.co.za
- Mosaiek Sentrum jean@ngnelspruitsuid.co.za
- Ondersteuningsgroepe (kanker, ADHD, depressie) jean@ngnelspruitsuid.co.za
Vertel vir ons...
Ons wil graag hê dat jy vir ons vertel wat die Here in jou lewe doen of gedoen het. Het jy
'n besondere belewenis gehad? Is jou gebede verhoor? Maak nie saak wat nie, ons wil graag daarvan hoor, sodat ons
saam met jou aan God die eer kan gee! Stuur vir ons gerus jou verhaal sodat ons saam met jou kan dankie sê. E-pos
na jean@ngnelspruitsuid.co.za
|